
=====================================================================
'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie'

EK is eintlik moeg om oor Afrikaans te skryf. Hulle (die nimlike, nuttige, geheimsinnige "hulle") s dit verg baie meer energie om oor iets 
te praat (lees: skryf) as om dit te doen. Dus, skryf is ek so effens gatvol geskryf.

Maar dit, soos die alomteenwoordige infomercials ons wysmaak, is nie AL nie. As ek deesdae deur die koerante blaai en gekonfronteer word 
met nog 'n gewroeg en -tandetrek oor die Bring Heidi Terug Vereniging wat nou hulle jaarverslag net in Engels gaan doen, hol ek nie yskas 
toe om 'n Coke blik te lees nie. Ek gaan klim in die bed met 'n bak springmielies, 'n stywe dop en 'n Patricia D. Cornwell moordriller of 
'n Vanity Fair.

En tog, op 'n ander, dieper sielevlak, voel ek al hoe meer Afrikaans. Dis asof ek vir die eerste keer ten volle verstaan hoekom ek 
Afrikaans is. As ek vir Laurika Rauch hoor sing van Boerneef se "geel pamplier by Dwarsrivier in Ceres" kry ek hoendervleis. As ek David 
Kramer of Elsab Zietsman hoor wegval met "Skipskop", word ek opgevreet deur 'n kombinasie van lekkerkry en seerkry wat geen ander taal op 
aarde my kan gee nie. As ek oor die telefoon praat met iemand wat ek nie ken nie -- wat my wasmasjien moet regmaak, my verbandaansoek moet 
goedkeur of my rekeningnavraag moet uitsorteer -- raak ek kinderlik geroer as ek met hulle my taal kan praat. Ek voel daar is 'n 
onmiddellike band. Ek glo daar is goed wat ons van mekaar weet en verstaan sonder om 'n woord te s.

Ek bieg ek was nog nooit iemand wat brebors in Sandton City rondgepronk en aangedring het om in die Boeretaal bedien te word nie. Wat vir 
my belangriker is, is dit: Daar's meer Afrikaans in die nimlike Noordelike Voorstede van Johannesburg as wat mens dink. Jy hoef nie net 
poskantoor (f stasie) toe te gaan om dit hoor nie. Jy hoef nie op die hoek van Fredman & Sandown Rylaan te gaan staan met 'n bord wat s, 
"Help asseblief! Ek het drie dae laas Afrikaans gepraat" nie.

Moenie worry nie. Kyk net. En luister. Dis alles daar -- van die kasregistermeisies by die Hyperama tot by die Hyde Park Corner haardos met 
die goueraaambril; van die meisie wat Switserse skoonheidsmiddels by Stuttafords verkoop tot by die sakeman wat tussen 'n bottel Chianti en 
'n koppie Cappucino (met 'n ompad deur 'n bord fettucine) sy besigheidstransaksies in Ons Moedertaal beklink.

Ek het ges ek is moeg om oor Afrikaans te skryf. En ek is. Maar ek sal nooit moeg word om in Afrikaans te skryf nie. Of na Afrikaans te 
luister nie. Want Afrikaans is die taal waarin ek hoop en bid, waarin ek dink en droom, en vloek en voel, en liefh en lewe (en eendag gaan 
doodgaan). Dus. as ek Afrikaans wil hoor, dan hoor ek dit. As ek Afrikaans wil skryf, dan skryf ek dit. En as ek Afrikaans wil lees, gaan 
soek ek dit nie op verpakkings of blikkies nie.

Ek kry dit in die Groot Verseboek.   Linette Retief   is 'n bekroonde kopieskrywer by Sonnenberg Murphy Leo Burnett.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av449.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

